Het jy al gevoel dat daar soveel woorde in jou rondwoel dat mens nie vinnig genoeg dit agtermekaar kan kry nie.. dit is seker wat YL JY beteken. ‘n Dosent by RAU het dit op een van my antwoordstelle geskryf .. maar toe was dit eerder dat daar net niks woorde was en ek op herhaling van een onbenullige feit staat gemaak het.
Ek as persoon vorm so vinnig ‘n persepsie, ek maal dit oor en oor in my kop, soos ek na myself luister sit ek sommer hartsgevoelens by. Dit word dan my diepgegronde waarheid wat ek met oortuiging deel. My besluite en my gesprekke word dan gebasseer op die gevormde persepsie waarheid. Hier is waar die tor nou begin wankel , ek hou nie my waarheid wat ek gevorm het vir myself nie. Nee! Dit sal die lewe oninteressant maak, ek gee dit vrylik uit vir almal wat wil hoor. Weereens nie ‘n probleem nie MAAR daar is tog mense wat luister en dit hulle waarheid maak.. nou het ons ‘n gemors want sosiale media help ons TE vinnig om ons selfgevormde waarhede te versprei! ‘n Veldbrand sal nie kers vashou nie. Wat is die kern van my storie: Pasop om jou waarhede ander se waarhede te maak. Dink voor jy iets sê en maak seker jy verstaan die impak van jou woorde. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |