Die Kaap van storms het gisteraand sy storm baadjie aangetrek. Die ou bome kry swaar… party is sommer ontwortel en lê op hulle sye. Tyd om kaggelhout te word. Ons huis kraak soos ‘n ou vrou… hier en daar het ‘n teël geskuif.. want jy hoor die drip op die dak. Laat my dink aan die gesegde van ‘n vrou se geneul is soos die lek van ‘n kraan… kan mens tot raserny dryf.
Ons almal lê warm in ons beddens… ek het gisteraand die ou by die robot gesoek om vir hom geld vir die shelter te gee… ek wonder tog weer oor my koue houding teenoor die mense wat bedel… my hond slaap warm op die bank in die sitkamer.. sy het ‘n kussing en kombers maar verkies die bank. My katte word gesoek gisteraand tot almal veilig in die huis is en saam op die beddens lê.. maar ek sal nie my deur oopmaak vir die man wat net ‘n kombers het nie… Hoe hard het ons geword. Verskoning is mens kan hulle nie vertrou nie. Hoe erg moet jou lewe wees dat jou familie jou nie eens wil help nie… Oral word ons gewaarsku.. gee oordeelkundig… moenie geld gee nie… jy help nie die situasie nie… Het jy al gedink wat jy sal maak as jy op straat beland? Waar sal jy slaap waar jy veilig sal wees… Wat sal jy saamvat as jy straat toe stap… Wat jy op jou plakkaat gaan skryf? Gaan jy martelaar speel of gaan jy regtig vra vir werk… Die gedagte is te morbied vir die storm dag … klaar vaal en grys buite. Onthou om nooit hoër as wat jou vlerke jou kan dra te vlieg nie. Moenie op ander neerkyk nie… lewe gebeur en jy kan ook daar beland. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |