Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Wat maak jou beter as ek…

11/10/2016

 
Picture

My pad kruis soms mense wat gebore is met ‘n “van” wat bekend is en of stink ryk van ou-geld.  ‘n Siel in die familie het jare terug baie geld gemaak, hetsy dit deur geluk of harde werk.  Deur die geslagte het die geld en of  roem vir die familie ‘n seker status gebring.

Is jy deel van die familie wat die voorreg dra met eerbied en respek vir ander?  Staan jy jou skoene vol?  Bree bors.  Trots op jou nalatenskap.. maar nederig.

Of is jy deel van die families wat dink dat julle status en of julle geld julle regverdig  om op ander neer te kyk?  Wie dink jy is die belangrikste?  Ek of jy?  Moet iemand belangriker wees?  Hoor jy as ander met jou praat?  Luister jy na jouself as jy met iemand praat?  Luister jy na ander se denke, se kennis of is jy so verwaand dat jy dink jy is altyd reg?   Het jy respek vir almal om jou?  Sien jy op ander neer?  Wat gaan jou nalatenskap wees.. een van ‘n tereur bestaan.  Praat mense agter jou rug, hoor jy die spot, die minag in ander se woorde, hulle kyk? 

Meneer… Mevrou… ou-geld maak jou nie slimmer nie… dit maak jou ook nie beter as ander nie.  Jy kry wel kanse wat ander nie het nie.  Gryp dit aan met albei hande maar bly op jou knië en dank jou Skepper daarvoor.
​
As jou sin moet begin met: Maar onthou.. EK is ‘n “VAN’ dan is jou voete nie groot genoeg om jou voorvader se skoene te vul nie.  


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog