Groot huis, mooi kar.. dalk vinnig .. slim kinders, sterk huwelik? Al die goed maak lewe lekker voed jou menswees .. maar jou siel alleen kan gevoed word deur jou geloof.
Moenie dat iemand beheer oor jou emosie,reaksie,menswees vat nie. Moenie jou geluk in ‘n persoon probeer vind nie. Elke dag staan ons voor keuses. Wat om te sê, wat om te doen, hoe om te reageer. Ek moet die keuse maak en dan alleen kan rustigheid oor mens vloei. Maak tyd vir stil wees, vir jouself. Vir jou verhoudings. Hetsy met vriende, gesin, man of vrou… maar moenie vergeet dat God ook tyd nodig het nie. Leer weer ken, verken, vrae vra. Maak jou kop oop vir nuwe dinge.. leef sonder perke, dink sonder bande van jaloesie en afguns, gee sonder om iets terug te verwag. Elke dag word mens se denke getoets met nuwe dinge.. nuwe ervarings. Moenie bang wees om te luister nie.. en as jy wil iets nuut te probeer. Sprei jou vlerke so wyd as jy kan. Die grootste is moenie oordeel nie.. moenie mense wegstoot wat nie soos jy is,dink of leef nie. Dalk is jy die anker om hulle gegrond te hou sonder dat jy dit weet. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |