Ek het die begin van Februarie sjokolade opgegee… so mal soos ‘n haas.. wie in sy regte verstand sal so iets doen. Ek het al oor die streep getrap.. ja.. ja.. onthou van elke dag sjokolade eet tot niks het ernstige gevolge.
Dit is ‘n siekte, ek het onttrekkingsimptome, my kop is seer en my humeur hardloop vinnig in die rooi. Ek bly honger! Die woord wilskrag kom by my op. Die wil is daar maar die krag ontgaan my. Ek het altyd gedink ek kan enige iets doen as ek my kop daarop sit. Ai tog.. maar om my kop reg te hou is moeiliker as ooit. Oefening is nog op my lys van weeklikse aktiwiteite. Voor die skool begin het was ek 3 keer daar, nou is ek gelukkig as ek een keer per week daaruit kom. Dit bly maar ‘n marteling. Met my ouderdom nou, moet ek seker maak my blaas is leeg vir die op en af spring. My broek bly bo en my t-hemp haak nie vas in ‘n vetrol nie. Ek voel die min oefening aan my klere, dit begin lekker styf sit. Ongelooflik hoe mens hunker na oefening ook. Soos ek sê so mal soos ‘n haas. Ek wil nooit ophou lag vir myself nie. Ek wil seker maak ek bestee my tyd op goed wat werklik saak maak. Ek hoop vir krag kry om nie die sjokolade in my mond te druk nie. Mag die skaal my genadig wees. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |