Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Vrydag frustrasies

1/20/2017

 
Picture
Skool nommer verskyn op my foon.. ek moet my kind gaan haal hy is siek.  Bel dadelik die dokter en kry afspraak.  Groot bord by ontvangs, meld aan voor u deurstap.  Ek meld aan en stap deur.

So tik die minute om en ‘n halfuur oor my afspraak tyd kry ek ‘n oproep dat ek die afspraak gemis het.  Hoe op aarde kan ek die afspraak mis,  ek sit dan en wag!  Stap ontvangs toe… Mens moeilik oor my gesig geskryf.  Die dame by wie ek aangemeld het, het vergeet om die hele proses te volg en het nooit my lêer agtertoe gevat nie en my ook nie op die stelsel as aanwesig gemerk nie.

Diep omgekrap, jammer mevrou, ons druk u nou in.. nog 15 minute gaan verby voordat ek die dokter sien. 

Boeta is eintlik baie siek, hy kry antibiotika en allerande ander medisyne.  By apteek hoor ek dat ons medies uitgeput is.  Dit is nou eers die 20ste Januarie. Die jaar het nog nie eens begin nie!

Die naweek wat so fyn beplan is met al die ryery het sopas verander.  Hy kan nie meer na sy maat se partytjie toe gaan nie.  Ek kontak al die mammas wat my sou gehelp het met die ryery om te kanselleer. 

Ek gaan van werk stop vir lekker vleis, die vuur aansteek en op die stoep sit, my skoene uitskop, agteroor sit met ‘n lang glas in hand.  Iets wat senuwees klameer! Ek gaan probeer onthou wat goed was die week. 


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog