Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Vriendskap Grense

11/22/2017

 
Picture
Vriendskap is ‘n interresante term.. met die woordjie heg ons baie emosies by.  Ek dink vandag aan liefde, blydskap, danbaarheid, aanvaarding.  Ongelukkig bring vriendskap ook negatiewe gevoelens  soos jaloesie,  hartseer en selfs verwerping.
​
Ek beskou myself as ‘n goeie vriend.  Mense kan gelukkig wees om my as vriend te hê.  Klop myself vinnig op die skouer..   Ek gee diep om en ek glo ek doen baie vir my vriende en kennisse.  Ek het nou diep gedelf maar ek weet verseker dat as ek iets vir jou doen is dit nie dat ek wil iets terug hê nie… nee… maar die afgelope tyd hang my skouers maar met vriendskap kom teleurstelling.  Ek is in myself terleurgesteld oor my reaksie… my woorde soms …
 
Die lewe maak my hard.  Ek vertrou vandag minder mense.  Vat langer om mense naby my toe te laat.. deel min..  As jy binne my kring mag kuier skuif ek jou gou uit as ek onveilig voel of selfs as ek jaloers is op jou tyd.  Klink belaglik as ek dit skryf maar ek wil nie seerkry nie.. so dan maak ek sommer self die deurtoe. 
 
Ware vriende is skaars..  ek is baie bevoorreg dat ek in my ‘kort’ lewe al ‘n paar gehad het.. Sommige sien ek nie meer nie maar die band het gebly.. ander het deur die krake van die lewe geval.. maar vir die oomblik in tyd was die seën baie!
 
Mag my hart versag en mag God my lei om reg op te tree, my woorde te tel en my liefde maklik te deel.. al voel ek nie lus om te luister nie. 
Shawn
11/22/2017 07:05:31 am

Beautiful geskryf


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog