tanoggend moet ek hospitaal toe ry. Die knieg operasie is vandag. Die ou bekende benoudheid sit vlak in my bors. Nie in beheer! Diep asem haal en oorgee aan God wat die beste weet.
Gedagtes dwarrel bietjie. Maak my ongemaklik. Die lewe is kort, jou lewenstrein kan enige oomblik ontspoor word of wissel na ‘n ander rigting. Ons as mens probeer so met al ons plannetjies, in beheer bly… maar dan gebeur lewe en mens moet aanpas ander planne maak. Nuwe jaar bring tyd om te dink, ek is nie goed om beloftes te maak op nuwe jaar nie.. want ek hou nie daarby nie … maar die jaar het ek drie doelwitte gestel: Ek gaan nie dikker word nie, ek gaan vriendelik probeer bly en ek gaan nie moan nie. Drie moeilikes vir my. So stap ek die nuwe jaar gemoet, glimlag lekker en maak grappies. Wel die eerste een wat ek gebreek het is moan. Dit was so maklik vir my om weer vas te val in my eie gedagtes se konkoksies van sleg en verkeerd. Vandag voel dit vir my of my lippe grond te trek. Geen rede nie.. niks verkeerd nie… gewoontes so diep gegrond. Ek is so vinnig om in dit weer te verval. My bekende frons op my voorkop… Dit is tyd om optestaan en te gaan koffie maak. Asem te haal en huistoe te ry om hospitaal toe te ry. Omvou in genade sal vandag ook weer verby gaan. Al wil ek vandag wil doen is om in my vakuum te sit en voortegee dat alles net goed is. So baie dinge het met mense om my gebeur, my vriendin by die werk het haar man verloor, een het ‘n knop in die bors gekry… die lys gaan aan en aan. Dink my leuse vir die jaar het sopas verander: Leef vir NOU en nie vir nou-nou nie. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |