Die nuwe manier van verjaarsdag gelukwense is mos om op Facebook of whatsapp ‘n boodskappie te los. Ek sien die jonger klomp sit dit op hulle sosiale media status. Ek is ook skuldig hier aan, dink aan die persoon maar vat nie tyd om stil te staan en te bel nie. Makliker om net gou ‘n boodskappie te tik.
Die week het ek weer besluit om persoonlik my verjaarsdagwense aan mense oor te dra. Ek bel en as ek kan probeer ek ‘n geskenkie aflewer. Om seker te maak die persoon weet dat hy of sy spesiaal is vir my. Dit is ongelooflik lekker om die waardering te ervaar. Een vriendin se woorde, sy voel geliefd het my net weer laat dink hoe maklik dit is om iemand spesiaal te laat voel op hulle spesiale daggie. Volgende keer as jy boodskappie tik, stop.. Bel liewer! Gee jou tyd as geskenk vir die persoon. Konnekteer weer deur te gesels, te lag en ‘n oomblik te deel. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |