Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Verwagtinge

12/19/2017

 
Picture
Met groot oë en opgewondenheid in ons lywe is ons verwagtinge altyd hoog.  Lewe… mense gebeur en die teleurstelling kan nogal groot wees as jou oorspronklike verwagtinge nie bereik is nie.  Hoeveel keer het ek al ongelukkig geraak omdat mense … die lewe… my teleurgestel het?

Ek voel seergemaak, maar in die persoon se gedagtes .. hart is sy seker ook seergemaak.  Wonder hoeveel kruisies het ek al versamel in haar swart boek?  Het ek seker gemaak dat wat ons ookal verwag van die ander persoon realisties is?  So baie al die tema aangeraak … ek staan vandag en ek weet  dit is my harts probleem  diep binne my siel wat nog diep wonde sny.

Ek staan op die wal van 2017 en 2018 gaan ‘n jaar van omgee wees, maar ek gaan suinig wees.  My kring gaan ek bietjie nouer maak.  My mure sterker vir die wat ek so lank toegelaat het om my te misbruik.  Ek dink hard vandag maar soms is dit tyd om te laat gaan sodat daar plek is in mens se lewe vir ander mense.. vir ander ervarings.    

Ek rou vandag. Dit is vir my swaar.  Dit is lekker om benodig te word.   Ek het alle bande losgewoel sodat ons paaie verder kan skei.  Vee my naam uit op jou gebruiklysie.   Ek is nie meer beskikbaar nie.  Ek voel vry… verlig! 

Vandag was ek sommer wild. Het op my sosiale media profiel mense uitgeskakel wat my nie in persoon groet nie… dieselfde reëls wat ek vir my kinders gee geld ook vir my.
​
Mag jou manier waarop jy mense hanteer jou Godsdiens eer.   Mag jou oordeel oor mense sag word deur God se genade.  Mag my reaksie op jou oordeel vol liefde wees maar sterk in grense.

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog