Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Vakansie-tyd

4/10/2019

 
Picture
Vakansie is soos toor.  Daggie weg van normale roetines en my menswees kom uit.  Ek word die lag mens.  Die mens wat weer lekker kry deur net te wees en te beleef.   Wat tyd het om te luister sonder om te wonder watter mails en boodskappe wag om geaksie te word.

Vakansie tyd kan ook nogal kla tyd wees.  Met die witbrood onder die arm hou ons daarvan om te kla.  Ek wens ek kan ou klakous in my siel verlê, skei of vermoor dalk!  Klakous het die vermoë om iets wat ongelooflik is te verminder na gemiddeld. 

Die prentjies van wat ek gesien het spin in my kop.  Dit is tyd om weer ‘n onthou foto versameling bymekaar te sit sodat ek die plekke kan besoek deur prentjies vasgevang.

Die wens vir myself is dat ek die vakansie mens in my dag tot dag lewe kan wees.  Dat my luister nie net hoor is nie maar verstaan luister.  Dat my tyd nie net in die hardloop vir iemand gegee word nie maar werklik geallokeer word.  Dat my reaksie op enige aksies berekend sal wees. 

Wens ek ken die resep sodat ek dit aan almal kan uitdeel.   Ons as gemeenskap sal dan soveel meer kan vermag!


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog