Tyd is kort. Lewe verander. Moenie dat jou kwaad dwaas word nie. Maak reg wat woorde krom gemaak het.
Ek het die naweek na my ouers gegaan, om te groet. Lang ure saam met my pa gesit, sy seer, sy lewensverhaal geluister. Vreemd dat ek nie die man agter die pa ken nie. Van 'n man wat 12 matriek vakke gehad tot 'n chemiese ingeneurs deploma net omdat hy nie meer skofte wou gewerk het nie. 'n Pa wat die wêreld gesien het. Als het hy verbrand.. want daar is niemand wat dit wil hê nie.. Soos hy sê, hy gaan nie weer vir 'n werksonderhoud nie. Die hartseer van 'n boer wat sy plaas moes verkoop, omdat ouderdom hom kwesbaar maak en daar niemand is wat kan oorvat nie. Ek is dankbaar ek kon ma groet, vir oulaas vir ma sê dat ongeag alles is ek lief vir ma. Dat daar berusting is tussen ons. Dat ma kan gaan rus met die wete dat ons ma gaan mis. Maandag kom die oproep, ma is weg. Ek was hartseer. Trane vloei nog. Ek was kwaad vir die reaksie toe ek met die tyding bel. Ek is kwaad omdat ek ver is en ek nie by my pa kan wees nie. Ek is bang hy is alleen. Ek is bang hy verdrink in sy verdriet, doodsverdriet maar ook die mensgemaakte seer van woorde en stilswye. Gister begin die doodsruikers van my man se werk hier aankom. Wit angeliere, asters, dahlia. Die pers is rose. Morbied. Rou kleur, pers, wit en swart. Die ruikers het my gedagtes weer na ons as gesin geneem, kleintyd, die lief en leed. Die impak van besluite. Die sukkel om emosies te deel en te wys. Mens se ouers het 'n impak op jou as mens. Besluit of jy jou ouers gaan kasty oor jou foute wat jy toeskryf aan hulle of hulle eer vir die leerskool wat jou as mens gevorm het. Totsien ma, tot ons weer sien. Stuur groete vir Ma Marie en vertel vir haar van julle twee ongelooflike klein kinders. Hou 'n oog oor pa tot ek hom hier naby my kan kry sodat ek hom kan besig hou dat hy weer die mooi kan sien en beleef. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |