Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Totsiens

10/7/2019

 
Picture
Totsiens is te finaal…eintlik moet mens net sê stywe lyne...  Ons maak dan seker ons seën die persoon dat dit goed sal gaan tot ons mekaar weer sien.

As ek nie soos jy is nie… of as ek nie soos jy dink nie maak dit van my ‘n slegter mens?  Hoeveel keer het jy al iemand geoordeel of is jy geoordeel?

Hoe eg  is jou glimlag en gelukwensing as jy ‘n trotse ouer se boodskappie sien, of as jy sien dit gaan goed met ‘n persoon.. Wat maak my hart swart en  my tong vol gif?  Ek self het al met ‘n glimlag iemand geluk gewens maar my hart het geskree dat dit onverdiend is..

Die lewe is vol wense..  ek wens ek is mooi, ek wens ek is maer, ek wens ek is ryk, ek wens ek was slim.. ek wens ek was soos sy.. maar weet jy hoe sy is?   Wil jy regtig soos sy wees?

Sien die giftige tong nogal baie by jongmense… die hartseer is dat sommige tonge onder die mantel van Christenskap bedek word.   Ek wonder soms hoekom daar ‘klasse’ is in die mense wat in God glo.  Voel so of ons die pot mis sit.  Ek dink ek is ‘n beter Christen as jy.. ek doen nie wat jy doen nie.. Dit maak my twyfel of ek as Christen geklassifiseer wil word.
​
Ek is vandag geirriteerd.. hartseer en moeg.. sommer als in een… jy wat verby my stap en my nie groet nie, maak of jy my nie sien nie.. jy wat my oordeel omdat ek dalk ‘n kras woord spreek of my kinders nie grootmaak soos wat jy joune groot maak nie, dat ek nie elke sondag in die kerk sit nie .. wel… ek kyk ook nou weg.. totsiens!

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog