Sosiale network is ‘n net wat mens vinnig kan opswelg. Lief en leed, brag en belei. Ek vang myself dat ek tog in check, dit is soos Huisgenoot lees.. skelm .. Kan nie wag om te sien wat gebeur in die wêreld van mense wat ek nie eintlik ken nie. Dit is soos realiteits-televisie.. Lees die skinder vir die dag. Die dankbaarheid dat my verhoudings ok is, die jaloesie as iemand anders beter as ek is en die hartseer as dit sleg gaan met iemand.
Nie almal wat so wasgoed was op Facebook besef dat elke inskrywing deur ‘n paar ‘onbekendes’ gesien word nie. Ons oordeel en bespreek jou lief en leed. Wees versigtig wat jy skryf.. veral as jy seer en rou is van binne deur ander of jou eie doen en late. Nie als is sensasie nie.. soms lees ek ‘n gedig raak wat iemand op sy blad gelos het wat my siel verryk. Ek lees oor troues, dood, suksesse van kinders en of geboortes wat ek oor jubbel of huil. Ek het al skakels na liedjies gekry wat verlange losmaak. Foto’s wat in my album verblyk het en of net in my onthou gedagtes is verskyn weer op vriende se blad en dit laat my glimlag, laat mens onthou van lank lank terug toe ek so oud was soos my kind nou is. Dankbaar vir elke onthou oomblikke. My punt is eenvoudig.. voor jou iets laai op enige blad .. maak seker dat jy nog steeds kop omhoog kan stap sonder om skaam te kry oor jou woorde of jou fotos. Almal het opinies, so moenie deur status jou kant probeer duidelik maak nie.. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |