Vir 6 jaar het ek die voorreg gehad om te voel hoe werklike perdekrag onder ‘n bonnet voel. Trap petrol en jy word sommer terug gedruk in jou sitplek. Die ‘thrill’ van spoed net as jy liggies die petrol trap. Die spoedkaartjies het ons posbus gevul.
Met die besluit om nuwe kar te koop, moes ek baie dinge oorweeg. Die grootste is die las wat ‘n kar eintlik is. Die verandering was brutaal.. van blitsvinnige gemaklike kar na ‘n ‘n brullende skilpad. Die nuwe kar brul soos ‘n leeu as jy die engin begin… maar as jy die hekke oopmaak verander die verwagting van ‘n leeu op volspoed vinnig na ‘n kruipende skilpad wat moan. Ek weet ek kla met die witbrood onder my arm en ek is dankbaar vir die wiele wat my van punt A na B toe vat. Ek kyk nou met bewondering as die magtige karre verby my spoed, ek sal nie sommer nou ‘n kar by die verkeerslig aanvat om te kyk wie eerste by die volgende een stop nie… ek mag dalk net verloor. Eendag as ek groot is gaan ek weer die skilpad inruil. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |