My siel is gekneus deur ‘n paar houe die afgelope ruk. Ek het lank gesit en dink en gewonder daarom die geen ink op papier van my.
Ek het net weer besef dat die allerdaagse uitdagings, agendas en politiek tussen mense my siel laat verdor. Voel of ek vergaan. Ek kweek my reaksie in ‘n dor en verlate landskap. Die tong skerp, die hart swart. Die kwaad is soos ‘n brander wat mens ondertoe trek. Uit paniek spartel mens en sluk water. Ek klou aan my waarheid. Die satifaksie om te sien hoe die ander persoon in ‘n hoek vas gedruk is. Ongenaakbaar .. In dit als vergeet ek die groter prentjie. Die slaggate wat nou nog meer gaan wees. Sonder dat ek wil is ek in ‘n stryd gewikkel… Vir die oomblik in tyd oorheers die seermaak my lewe… die doel is om te oorleef. Is my fokus op die stryd my ondergang vir die oorlog? Waaroor gaan die oorlog? Ek dink ek het die plot verloor. Asem skep.. weer probeer. Tyd vir siel stilte, vir bid en vir denke. Wat wil ek bereik? Wat is my lot. Gaan ek toelaat dat iemand anders se issue my hart so swart verkleur. NEE!!! Jou krisis in nie my krisis nie. Ek gaan hard probeer om ‘n verskil te maak, om my beste te gee. Ek is vol foute en nukke. Sal hard bid vir leiding om my nukke minder te maak. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |