Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Seisoene en vriende

10/28/2016

 
‘n Baie goeie vriendin het lank, lank terug vir my gesê vriende is soos seisoene.  As die seisoen oor is dan is die vriendskap oor.  Jy moenie probeer vasklou aan iets wat net nie meer daar is nie.

Dit is wreed.  Ek het ‘n gevoel van vashou en koester…  In my hart is vriende… vriende. Of dit nou familie is of mense wat oor jou pad kom,  ons klassifiseer ons vriende van waar jy hulle ontmoet het.   Van skoolvriende tot jou kind se maatjie se ouers. 

Skoolvriende was jou spesiale vriende, als gedeel – nou volg ek hulle lewe deur die prentjies wat hulle met almal deel op Facebook.  Mense wat jou lewe met jou gedeel het, is nou vreemdelinge.  Universiteitsvriende, ons was aan die heup gebind, hartskamers oopgevlek.   Jonk en vol lewe, sonder roetine het ons nagte omgekuier.  Gelukkig was selfies en selfoonkameras nie deel van ons bestaan.  Kuiers is vasgevang in ons geheues, of dalk nie, hang af hoe lekker ons gekuier het.  Soms ‘n paar foto’s geneem  met ‘n mik en druk wat nou verblyk in ‘n oorvol album. Onthou die lekker van gewese vriende.
​
Soos wat vriendskappe verval word ander gevorm.  Koester nou die mense wat jou vriend wil wees.  Maak nuwe herinneringe met die mense wat NOU in jou lewe vertoef en GENIET dit.
Malkoppie2
10/28/2016 06:19:47 am

Vriende bly vir my altyd vriende, as n vriend my vra om iets te doen sal ek alles in my vermoë doen om dit te maak gebeur. Al het ek vir n jaar of twee nie eens gesien of gepraat met hulle nie. Ek gee my vriende n stukkie van my hart. Dit is hoekom vriende vir my spesiaal is. Daar is natuurlik die wat mors met jou vriendskap. Maar meeste opregte vriende sal altyd deel bly van jou. Van malkoppie2

Tienie
10/28/2016 11:04:13 am

Jy is ń great vriend!!!


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog