Soos songode sit die poppe en die manne in die son. Die lywe is jonk, mooi en goudbruin. Die glimlagte wit… die lag kom maklik en vrylik. Onskuldig… stressloos.. die lewe lê en wink vir elkeen van hulle.
My oë dwaal na die jonger ouers.. die sonsambrele en die tentjies word opgeslaan. Stress op die gesiggies van die ouers. Pappas trek die magies in… was ook op ‘n tyd jonk en goudbruin.. nou wys die lekker lewe van getroud wees. Die mammas skarrel agter die kiddies aan en trek trek selfbewus aan die swembroekie. Loer onderlangs na pappa om seker te maak sy fokus bly op die kiddies en dwaal nie weg na die songode toe nie. My fokus kom terug waar ek lê… gesmeer met factor 50. Bang vir die son.. die littekens van dae in son lê op my vel. My fokus op my tiener dogter wat nie bang is nie.. sy swem saam met die seuns diep in die seë. Ek staan op en gaan staan met my voete in die seë. Ek moet glimlag vir myself.. ek kan nie swem nie.. so as hulle moeilikheid optel sal ek nou nie kan inspring en hulle kan red nie.. maar ek het ‘n harde stem.. en ek kan alarm maak… My jongste vertel vir sy pa dat dit ongemaklik is om saam met sy pa te swem… hy wil liewer met maats speel en saam met hulle swem. Ons fase is dat ons kids nog baie lief is vir ons.. maar hulle wil nie meer saam met ons damme op die strand bou nie.. wil nie meer saam met hulle mamma of pappa bodysurf nie.. Dankbaar dat hulle darem nog saam met ons op dieselfde plek sit op die strand. Hulle vriende aan ons voorstel. Dankbaar dat ek op die strand kan sit en myself geniet.. sonder om om te gee oor wat die songode dink. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |