Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Roetines

4/21/2017

 
Picture

Ek word so vas gevang in elke dag se roetine dat as mens tyd kry om net te sit dan voel dit vir my of ek wil skree.  Ons is nie op aarde gesit om elke dag op dieselfde tyd dieselfde ding te doen nie. 

Hoe nou gemaak?  Ons lewe word beheer deur tyd en goed wat op spesifieke tye begin.  My wekker gaan 6 uur af.  My wil is sommer opstandig.. wil dooddruk en net opstaan as ek my oë self oopmaak.  Gou dink ek aan die impakte van die besluit.  My kinders gaan of laat wees vir skool of glad nie opdaag nie.   Die skool begin elke dag op dieselfde tyd.  Ek en my man gaan laat wees vir werk. 

Ek moes lag – verbeel jouself as daar nie roetine was nie.. dan sou ons opgedaag het soos ons wou en niemand sal niks gedoen kry nie.

Wat kan ek doen om in my lewe van roetine tog vry te voel en nie vasgehok nie?  Ry ander paaie as jy die kinders aflaai of moet ry – kyk om jou rond.  Besluit om gelukkig te wees vandag.  Ek is altyd verbaas as my gemoed lig is hoe dit my omgewing en die reaksie van mense om my beinvloed.

Maak jou kop skoon!  Daar is soveel goed wat ons doen en so deel is van ons roetine wat nie nodig is nie.  Vat die stap en smyt dit uit.  Maak plek en tyd vir dinge wat jou siel voed. 

Soos ek tik, hou ek die tyd dop want ek moet vandag fyn beplan en volgens tyd ry sodat ons betyds is vir al die aktiwiteite.  My gemoed is senuweeagtig,  Dit is vandag die WP proewe vir hokkie.  Vannaand gaan ek agteroor sit, uit vrydag aand roetine en kuier, lag en mens wees.
 


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog