Gisteraand is ek en my tienerdogter aanmekaar. Ek skel en gaan te kere.. en ek sien sommer die ‘ag wat nou weer’ uitdrukking op gesig. Dit is soos kole wat my van agteraf warm maak. Finale waarskuwing is gegee… niemand slaap lekker nie.. almal is omgekrap.
Die kinders se baie aktiwiteite maak ons huis nie ‘n ‘fun’ huis nie… as ons nie agter hulle hoef aan te ry nie moet ons skarrel om die huis en tuin werk gedoen te kry en dan voel mens net om te sit en niks te doen nie.. net te wees. Ons as ouers maak baie foute.. ek het my kinders nooit geleer om agter hulleself skoon te maak nie.. klein goedjies, tel jou klere van die vloer af op, maak op jou bed, vat jou bord na agter, was dit sommer uit.. sit die prop op as jy iets gebruik het. Bêre terug in yskas of kas. Die lys is lank. Nou doen hulle dit nie en dit frustreer my. Dit laat my gil asof ek ‘n viswyf is. Ek kan nie verstaan dat hulle nie verstaan hoekom ek so kwaad word nie. Ek soek ‘n resep om wat ek ook verkeerd gedoen het reg te maak. My vingers google vanoggend.. resepte van geluk.. maar dit is baie oppervlakkig. Dit is tyd om dankbaar te wees oor goed wat is. Ek het twee ongelooflike kinders wat hard werk op skool en hul harte uitgiet op sport gebied. Dalk moet ek bietjie asem skep en wonder hoekom ek so skel. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |