Die wete dat jy geliefd is, is seker die grootste skat wat mens kan kry. Liefde is een van die fondamente wat elke persoon se lewe op geskooi is. Liefde, geloof en hoop.. maar die grootste hiervan is die Liefde.
Die groot vyftig loer so om die draai vir my. Dit laat my dink weer oor my vyftig jaar op aarde.. ons kan seker die eerste 15 jaar afslag kry – dan is mens te dom om te weet wat jy doen het eintlik impak op jou lewe. So ek moet rekenskap gee oor 35 jaar. Die getalletjie lyk baie… die leef vol ‘ups and downs’. Goed waaroor ek my dood gestress het .. lyk nou belaglik .. maar dit is maklik om terug te kyk. Die in die oomblik gevoel kan jou magteloos laat. Dood het mense uit my lewe kom pluk, tyd, waardes, baklei en afstand het ander kom steel. Ek besef nie die mis gevoel totdat dit jou keel toedruk nie. Van my naby mense, vertouelinge is nou ver of weg. Sommige vervang ander sal altyd ‘n leemte laat. Koester die mense in jou lewe. Leef elke dag asof dit jou laaste is. Skop negatiewe gedagtes se gat en vervang dit met hoop, geloof en liefde. So baie woorde so min papier. Vandag is dit die herdenking van ‘n jaar ingehok en bang vir enige iemand wat naby mens asem haal. Pleks dat ek vir kos bang is maar die is mos my troos, my groot tekortkoming.
Die naweek moes ek myself weer opsom toe dink ek aan die vakansie. Soms kan mens grootkop kry dan maak die lewe jou weer nederig. Ons huur ‘n huis en die badkamer het ‘n groot spieel. As mens op die toilet sit dan kan mens jouself bekyk. As ek myself sien dan sien ek die oros mannetjie. Tot my mooi enkels.. is nou stompe. My arms voel te kort vir my lyf… en my vet klere is nou my maer klere.. ek het niks om aan te trek nie… niks pas nie! Ek sien, ek weet ek moet iets doen… maar as ek myself vind is ek in die kombuis, dood honger. Iets in die hand om te eet. Kopskuif… harde ingryping is brood nodig! Het al begin, het al misluk en dan weer begin en weer misluk. Ek weet ook ek is redelik sterk, hardkoppig. Nou moet ek net hardegat raak as mense vertel hoe sukkel hulle om 2 kilogram te verloor dan lyk die vrou al soos ‘n geraamte. Jip, daai sug.. met ‘n tuit mond vertel hulle jou hoe ‘vet’ hulle is. Dan sit jy daar en kan nie oor jou maag kyk na jou dik enkels nie. Self toegedien! Ek weet! Die stryd is werklik! Ek nou oppad om vir my vetter klere te gaan koop. Ek raak nou te benoud in dit wat in my kas hang. Sal dit wegpak en weer uithaal as ek die stryd begin wen… of weggee soos wat ek altyd maak. Die jaar is lank, die geduld op en die menswees kortaf en moeilik. Enige klein ding kan ‘n afset wees vir ‘n skree of uitval. My gedagtes val by my mond uit sonder die wag wat dit soms toeverf of die mes steke verbloem.
Nou wonder ek watter stempel ek op jou druk as ek my frustrasie nie op hok kan hou nie. Skuldig of onskuldig, verdiend of onverdiend. Loslappies van gedagtes maak ‘n lappieskombers. As mens terugstaan dan lyk dit of een stukkie lappie nie pas nie, maar dit is daar.. lostrek is baie werk. So ook is ons verhouding stukkies van aksies en interaksies, om dit ongedaan te maak is baie werk.. so wees versigtig wat jy gebruik in jou verhoudingskombers. Ons woorde het groot impak, so ook ons houding en ons aksies. Ek kan deesdae so maklik my kop skud of dalk my oe rol. Dink soms ek gaan ‘n oog verloor soos wat ek dit kan rol. My geloof en maniere is nie ‘n ander se geloof of manier nie. Ek is nie reg en hulle verkeerd nie. Ons moet mekaar spasie gee om te leef en te dink soos wat ons oortuigings is. Die jaar is lank, selfs goed waarvoor ek lief is raak uitdagend… sukkel om ‘n boek gelees te kry, moeite om my kamera op te tel. Woorde kom stadig.. voel soos opstel skryf. Tyd om te rus Mag 2021 vir almal ‘n sleutel gee om julle hartsbegeertes oop te sluit. Rustig. Wens ek was hier, op die oomblik – om die briese deur my hare te voel. Dit is wat die prentjie vir ons voorhou. Toe ek die foto geneem het was die wind so erg dat dit my stewige lyf amper omgewaai het, ek het die veiligheid van ‘n restaurant opgesoek vir hitte. Lekker lewens les! Dit wat jy sien, glo en beleef kan soos die foto wees … ‘n storm wat kalmte voorhou. ‘n Leuen wat verbloem is deur persepsie.
Moet jouself nie vergelyk met die prentjie wat mense wil voorhou nie. Wees gelukkig met wie en wat jy is. Elke ou doen sy eie ding, in jou verwysingsraamwerk kan sy wees teen jou geloof, menswees gaan omdat dit nie is soos wat jy is nie. Wees gemaklik in jouself dat jy jouself ken en hoe jy dinge vir jouself oplos. Wees net versigtig dat jy nie iemand mis kyk of veroordeel wat saam met jou jou pad kan stap. Ek sit alweer vandag op ‘n rots en kyk na die kringe wat ‘n druppel op water kan veroorsaak.. iets kleins kan soveel mense raak. Ek wil die positiewe druppel wees wat uitkring en mense raak. Die vraag is ek? Ek word soms so gou gelaai deur negatiewe dinge en frustrasies. Oppas wat jy sien, ervaar en oordeel in wat ek vir jou wys. Elke mens kan die beeld wat ons uitsaai manupileer. Gemasker is ons almal as ons in ‘n publieke plek is. Elke huis het sy manier van masker dra. Ons huis het ek vir elkeen genoeg gekoop vir die week sodat mens altyd ‘n skoon masker het. Naweek is dit dan masker was dag. Alle maskers word opgespoor en in was gegooi.
So spring Gerhard in sy bakkie en ry Mkem toe. Met die stop en die soek na masker kom die realiteit op dat geen masker te vinde is in bakkie nie. Keuses, terugry of improviseer. So is daar geen skaam in sy lyf nie.. hy vind ‘n kort Nike oefen broekie van sy dogter in sy kar.. Die word oor kop getrek dat die twee gate vir bene soos haasore staan.. mooi word die broek gedraai dat sy oe uitsteek uit een gat die ander staan regop agter sy kop. Hy is in die winkel, broek op die kop. Het darem dadelik vir hom ‘n masker gekoop om broek te vervang. By huis vertel hy sy storie.. al wat ons kinders kan uitkry , wie het pappa gesien? Die skaam kruip sommer soos rooi vlamme oor hul wange.. Ek sal terugry.. daar is nie ‘n manier dat ek ‘n broek oor my kop trek nie.. Ek kry so gou skaam… te bang mense dink sleg van my. So beperk ek myself. Ek wens ek kan my siel vlerke gee of broekspype, sodat ek nie omgee wie my sien en vir my lag nie… Ek lees vandag ‘n waarheid raak.. dit wat jy vir jouself doen vat jy saam graf toe, dit wat jy vir ander doen word jou legacy. Ons almal wil onthou word vir wat in jou hart is… so moenie bang wees om jou hart op jou mou te dra nie. Moeilik om nie die swart vlekke op jou hart te wys vir almal nie. Maklik om die swart op ander se harte raak te sien en die mooi mis te kyk.
Ek is weer tot stilstand geruk die week, vriende verlore as gevolg van afstand, tyd .. is die week weg vir altyd. Woorde is woorde… skiet ver te kort om sy gesin te troos. Swaarkry word nou saam gedra.. wonder waar was ek voor nou… Soveel swaar en laste om ons, so moeilik om hulp te vra. Ek verstaan nie altyd nie, maar ‘n vriend het dit mooi bewoord. Ons Afrikaner volk is te trots om te vra. Trots word ook soms verwar met skaam. Ons lewe se raamwerk is mos dat die pa moet sorg. Behoede as omstandighede dit verhoed. Die skaam is dan vir die oordeel in die ander se kyk. Ek reik uit en ek hoop jy vat my hand, as jy my wegwys as vriend is dit ok, ek stap aan. As jy self wil oorwin is dit ook reg ek stap saam en sal help waar ek kan. Blydskap, lag en dankbaarheid is ‘n moet vir elke dag.. maar vandag voel ek soos die weer. My gemoed is swaar. Lood is giftig en al die geluide en geraas sink vandag swaar in my siel af, dit vergiftig my denke dat ek nou ook kwaad is oor als. Fout vind met reels. Sommer net erg onge-ellie.
As ek so voel dan dryf my gedagtes na onnodige denke.. Het jy al gewonder as jy nou regtig in die moeilikheid is en hulp nodig het wie jy sal bel. Wie van jou vriende sal als los en jou help? Regverdig of onregverdig, ek het een van my naby vriendinne een keer vir ‘n guns gevra, dit was ‘n paar jaar terug .. ou koeie .. ek weet .. baie verskonings later .. ek sal nooit weer vra nie. Ek dink nie eers sy onthou dit nie.. vir haar was dit net ‘n jammer dit gaan my nie pas nie, vir my was dit nood en ek vra nie sommer nie.. so as ek vra dan weet jy ek het regtig hulp nodig. Ek het al so baie oor vriendskap geskryf maar ek sukkel om my hartsemosie in woorde te slyp. Dit klink of ek slagoffer wil speel maar dit is nie my bedoeling nie. Wat wil ek graag glo my vriende, kennisse sien in my. Laat ek dit anders bewoord, wat dink ek sien mense in my. Moeilik, eerlik, vinnig.. ek het lank gedink en ek wonder soms dat ek die werklike lag in die lewe begin miskyk of vergeet hoe om werklik te lag. Ek dink ek moet daaraan begin werk dat mense en hulle houdings, woorde en gedrag my nie pla nie. Vandag skryf ek baie.. los gedagtes oor min… my boodskap vir myself is om weer te lag en net weer die lekker te sien in als.. dalk verander dit my donker hart. Ek is ek , wonder ek wat is ek se plek? Geraas, musiek, woorde vul my kop op spesifieke oomblik in tyd. Maak dit sin en maak dit saak? Wat se onthou maak vandag vir more of vir later?
Weersin waansin wonder wat? Pad vol kronkels en soms groot klowe om te kruis. Wie sal my dra as ek val of struikel. Christene om ons gevallenes wat net oordeel. Rebel is ek, as jy my heeltyd onthou van jou geloof wonder ek hoekom ek dit nie sien in jou betaan? Kleintjie dood aan die gewoontes van ons heiliges op aarde. Ek verkeerd, oordeel ek nie ook? Wat gaan ek oes wat ek vandag saai? Doelbewus of onbewus. Ek en jy , jy en hul en saam is ons ‘n ons. Is ons so swaar soos ‘n ons of so lig soos ‘n veer? Gebore, groot en dood… arm ,ryk en niks. Soms loop jou pad die arm pad. As ek dink aan arm dink ek aan geld, besittings maar dit nie waar.. arm is die bewusteloosheid wat ons tref dat ons nie besef dat ons iets groots mis! Nie almal hou van almal. Moenie voorgee .. stap weg… Wat het die afgelope tyd my geleer? Het ek iets beteken vir iemand of vir iets? Of het ek net my eie bestaan beskerm en probeer beheer? Ek is ek... maak my vry en nederig! Positief… positief…. dan dwaal ek weer in die verdoemenis van ander se opinies en my siel swaai na negatief. Die mag wat my verstaan, my denke, wat ek wil glo, verkeerd of reg, my beheer oor wat ek dink, voel en wat uit my mond uitkom is verstommend.
So kom baie misverstande.. wat nooit opgelos word nie.. want die mag wat wil verseker dat ek bly glo in my persepsie is groter as as die wil om te erken ek kon dalk verkeerd gewees het. Hoe leer ek myself om eers seker te maak wat ek glo ek sien en hoor is wat ek werklik sien en hoor. Ons lewe word beheer deur Covid-19. Elke gesprek, elke oomblik van gedagtes bly dit die voorbok. My een vriendin vra my of ons nie net oor iets anders kan praat nie.. toe raak die gesprek op. Dit beheer ons, impak is groot. Elke droom word vertroebel deur die onbekende. Ek hoor die terme ons norm gaan nooit weer dieselfde wees nie. Ek verstaan dit nie.. ek ken myself.. vat net ‘n week of twee dan verval ek weer in my ou pad van stap. Dit laat my baie dink aan 1999.. die groot draai.. ons moes maande voorberei vir die jaar 2000. Al die voorbereidings, verwagtinge.. was verniet… niks het werklik verander nie. Ek daag myself uit om my gesprekke positief te hou, om weer te droom en oor ander dinge te dink en te bly glo … Sulke interesante woorde. Ek het die afgelope ruk weer die mensdom van ‘n kant af begin dophou en selfbehoud, selfsug is maar die noose wat ons almal wurg. Voer een so stukkie lokaas en jy sien voor jou die omvou van skinder en magspeletjies.
Mense smag na aandag. Die vuur word gestook deur skinder en stories wat sterte kry. Drama word in die lewe ingebring deur vriend en vyand. Woorde word verdraai om beter in te pas by jou storie. Dreigemente word gemaak, nooit direk nie, op sosiale blad sodat almal jou kan jammer kry, die verontregte. Die sad van dit is dat die gewoonlik die sterte van stories is wat jy glo en jou eie maak sodat jou seer nog seerder word. Die dreigement dat hy of sy jou lewe kan verwoes, en as mens in hulle glaskas inloer dan krimp mens se hart van jammerte. Ek moes al in my lewe damage control doen en die persoon wat in magsposie is waarsku dat iemand ‘n mes vir my in het, kinderagtig wel... eintlik onwerklik. Almal het talente en daar is party mense wat net beter, slimmer, meer talentvol, mooier op die oomblik is, gun hulle dit. Dit maak my of jou nie slegter nie. Dit maak hulle net anders. Ek bewonder mense wat hulle self of hulle kinders bemark. Daar is altyd ‘n storie oor hulle prestasies, of opinie oor hulle talente. Dit pla my eintlik glad nie maar as mens ‘n ander een moet afbring sodat jy of jou kind kan goed lyk dan begin dit my nogal pla. Die hand om die blaas met afrigter, bestuurder of sommer mede mense sodat jy ‘n gehoor het vir jou stories.. solank jy of jou opinie gehoor kan word is jy gelukkig. Jou agenda gevolg word. Lang stories, en voordat al my vriende vra, ek is ok. My punt vanoggend is staan stil en voordat jy iets glo wat jy hoor .. wonder oor die motief. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |