Rustig. Wens ek was hier, op die oomblik – om die briese deur my hare te voel. Dit is wat die prentjie vir ons voorhou. Toe ek die foto geneem het was die wind so erg dat dit my stewige lyf amper omgewaai het, ek het die veiligheid van ‘n restaurant opgesoek vir hitte. Lekker lewens les! Dit wat jy sien, glo en beleef kan soos die foto wees … ‘n storm wat kalmte voorhou. ‘n Leuen wat verbloem is deur persepsie.
Moet jouself nie vergelyk met die prentjie wat mense wil voorhou nie. Wees gelukkig met wie en wat jy is. Elke ou doen sy eie ding, in jou verwysingsraamwerk kan sy wees teen jou geloof, menswees gaan omdat dit nie is soos wat jy is nie. Wees gemaklik in jouself dat jy jouself ken en hoe jy dinge vir jouself oplos. Wees net versigtig dat jy nie iemand mis kyk of veroordeel wat saam met jou jou pad kan stap. Ek sit alweer vandag op ‘n rots en kyk na die kringe wat ‘n druppel op water kan veroorsaak.. iets kleins kan soveel mense raak. Ek wil die positiewe druppel wees wat uitkring en mense raak. Die vraag is ek? Ek word soms so gou gelaai deur negatiewe dinge en frustrasies. Oppas wat jy sien, ervaar en oordeel in wat ek vir jou wys. Elke mens kan die beeld wat ons uitsaai manupileer. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |