Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Positiewe gedagtes

5/8/2020

 
Picture
Positief… positief…. dan dwaal ek weer in die verdoemenis van ander se opinies en my siel swaai na negatief.    Die mag wat my verstaan, my denke, wat ek wil glo,  verkeerd of reg, my beheer oor wat ek dink, voel en wat uit my mond uitkom is verstommend.

So kom baie misverstande.. wat nooit opgelos word nie.. want die mag wat wil verseker dat ek bly glo in my persepsie is groter as as die wil om te erken ek kon dalk verkeerd gewees het.  Hoe leer ek myself om eers seker te maak wat ek glo ek sien en hoor is wat ek werklik sien en hoor.

Ons lewe word beheer deur Covid-19.  Elke gesprek, elke oomblik van gedagtes bly dit die voorbok.  My een vriendin vra my of ons nie net oor iets anders kan praat nie.. toe raak die gesprek op.  Dit beheer ons, impak is groot.   Elke droom word vertroebel deur die onbekende.

Ek hoor die terme ons norm gaan nooit weer dieselfde wees nie.  Ek verstaan dit nie.. ek ken myself.. vat net ‘n week of twee dan verval ek weer in my ou pad van stap.   Dit laat my baie dink aan 1999.. die groot draai.. ons moes maande voorberei vir die jaar 2000.  Al die voorbereidings, verwagtinge.. was verniet… niks het werklik verander nie.
​
Ek daag myself uit om my gesprekke positief te hou, om weer te droom en oor ander dinge te dink en te bly glo … 

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog