Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Persoonlikheid

10/21/2019

 
Picture
Ek lees van die positiewe frases wat mense so graag op hul status sit en ek wonder soms wie is die mens teen wie die boodskappie gemik is?  My gunsteling: Bly weg van mense wat negatief is.. soms dink ek die persoon moet dan wegbly van homself.. maar mens sien mos die foute in ander makliker raak.  

Persoonlikheids tipes kom op in my gedagtes. Die definisie verskil van boek tot boek. Ons self diagnoseer nogal baie.   As ek myself kyk.. ek hou nie van mense nie…. Maar dit maak nie van my ‘n introvert nie.. ek dink net my persoonlikheid is afferig.  As jy nie moeite doen om my te leer ken nie gaan jy dink ek is kwaai, vooroordeeld of sommer net blatant misluk  Ek klim gou op ‘n perd en dan is ek moeilik om te vang.  Ek raak gefrustreerd met mense wat nie op my bladsy wil wees nie.. soveel dinge.. dalk is ek daai negatiewe persoon.  My frustrasie steek kop uit by mense vir wie ek omgee… as ek nie daarvan ontslae geraak het voor ek hulle sien nie.

Ek voel deesdae afgestomp vir mense en hulle probleme.  Ek sukkel om in te pas in die groepies en sosiale kringe.  Jip beslis persoonlikheidsprobleme. Ek probeer nie meer nie… en dit wys as ek sien hoe min mense eintlik omgee.  As ek nie eerste hallo sê nie hoor ek nie van die persoon nie.   Hoe maak mens mens se fondasie dan anders dat ek meer gemoedkomend kan wees, dalk meer omgee.

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog