Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Ouer Hart

2/8/2019

 
Picture
 Ek begin vandag ‘n storie skryf en halfpad toe vee ek dit uit.  Ek lees die woorde en ek besef dit was net weer ‘n groot moan oor ander mense se dinge en maniere.   My kern gedagte vandag is moenie die bobbejaan agter die berg gaan haal nie en moenie ander se bakleie joune maak nie.  Twee belangrike en oorhesende gedagtes die afgelope ruk in my siel. 

Die bobejaan wou ek oor die berg sleep pens en pootjies.  Ek het al begin moeilik raak oor wat as, my as!  Hoe mors ek nie my tyd nie. Erger ! Die week was ek die ouer langs die veld.  Hokkie keurder in my kop.  Ek vergelyk talente en hoe die kinders speel.  Ek moet lag vir myself.  Ons hoor vandag of ons saam toer, soos elke ouer van elke kind wat deel was van die proewe hoop ek my kind is in ‘n lekker span.

Wonder nou oor die term buig nie onder groepsdruk nie.  Die graad sesse het nou ‘n hele periode oor dit gesels.  Sommige mense verwar die feit dat seker dinge waarmee mens saamstem logika is en nie noodwendig groepsdruk nie.  Die feit dat almal oor iets saamstem maak dit nie verkeerd as jy saamstem nie.  Ander kere kan jy verskil.  Iets wat ek baie hard aanwerk is die manier waarop ek verskil.  Dit kan nogal die reaksie van die ander persoon beinvloed.  Mens kan verskil van mense! Ek moet versigtig wees dat ek nie my kwaad op ander probeer druk om saam met my te baklei nie.    
   
Mag die regte dinge op die regte tyd met elkeen van ons gebeur.

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog