Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Oud maar nog nie koud nie

1/4/2019

 
Picture
Ouderdom bekruip mens van agter en kan jou nogal onverhoeds vang.  Ek hoor myself sê dat ek nie oud wil wees as ek oud is nie .. ek wil  jonk van gees wees, glimlag en die lewe geniet.  Hoekom is daar so baie ouer mense wat verkramp word die dag as hulle aftree.  Het jy al gekyk na oumense se gesigte.. die mond hoeke hang na die tone toe.. frons tussen die oë.  Enige voorstel om iets te doen klink na moeite.  Selfsug soos toe jy klein was steek weer kop uit.

Van besig wees tot niks sak soos onweer oor mens.  Ek weet ek wil nie ook eendag voel of ek in onbruik is nie.  Wat is die geheim om te kan aftree maar tog nog mens te voel? 

Elke mens is seker anders.. maar die tema is dieselfde.  Kry vir jou in jou jonger dae iets wat jou gedagtes en hande kan besig hou en wat jou passie vir die lewe weer ‘n hupstoot gee.  Hou jou opsies oop.  Dit help nie jy kies net een ding en as omstandighede jou verhoed om dit dan te doen sit jy weer in sak en as.  

Begin nou leef!  Moenie dink dat jy jou roetines kan verander eendag nie.  Leef is die gevoel binne jou wat saligheid bring.  Leef is nie eet en sit nie.  Leef is dinge ervaar, nuwe goed.  Leef is liefde en lag en kuier en omgee vir ander.  Leef is omgee vir jouself.

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog