So baie woorde so min papier. Vandag is dit die herdenking van ‘n jaar ingehok en bang vir enige iemand wat naby mens asem haal. Pleks dat ek vir kos bang is maar die is mos my troos, my groot tekortkoming.
Die naweek moes ek myself weer opsom toe dink ek aan die vakansie. Soms kan mens grootkop kry dan maak die lewe jou weer nederig. Ons huur ‘n huis en die badkamer het ‘n groot spieel. As mens op die toilet sit dan kan mens jouself bekyk. As ek myself sien dan sien ek die oros mannetjie. Tot my mooi enkels.. is nou stompe. My arms voel te kort vir my lyf… en my vet klere is nou my maer klere.. ek het niks om aan te trek nie… niks pas nie! Ek sien, ek weet ek moet iets doen… maar as ek myself vind is ek in die kombuis, dood honger. Iets in die hand om te eet. Kopskuif… harde ingryping is brood nodig! Het al begin, het al misluk en dan weer begin en weer misluk. Ek weet ook ek is redelik sterk, hardkoppig. Nou moet ek net hardegat raak as mense vertel hoe sukkel hulle om 2 kilogram te verloor dan lyk die vrou al soos ‘n geraamte. Jip, daai sug.. met ‘n tuit mond vertel hulle jou hoe ‘vet’ hulle is. Dan sit jy daar en kan nie oor jou maag kyk na jou dik enkels nie. Self toegedien! Ek weet! Die stryd is werklik! Ek nou oppad om vir my vetter klere te gaan koop. Ek raak nou te benoud in dit wat in my kas hang. Sal dit wegpak en weer uithaal as ek die stryd begin wen… of weggee soos wat ek altyd maak.
Charl
3/23/2021 03:25:42 am
Ken die gevoel!! Lewenslange stryd teen die vetjies, want ek hou mos van lekker eet. Met die dat ons nou almal 50 slaan die jaar het ek egter besluit, dit is nou die tyd vir 'n ingryping. Nog geen resultate, maar watch this space... Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |