Opgaarder teenoor gooi uit en hou net wat jy gebruik. Drie sakke vol gestop van hemde, broeke, kouse, warm toppe wat niemand aantrek nie.. wat net plek vat. Koeverte vol kleingeld, briefies en slippies kom uit die kas. Ek wonder wat gaan die reaksie wees as hy vannaand sy kas oopmaak… weg is die ‘baie’ en in die deurmekaar chaos is daar nou orde.. alles op hopies en gerangskik. Tannie Johanna skud net kop… Meneer gaan kwaad wees… is al wat sy uitkry.
Die laaie wat oorgeloop het is nou leeg. EK MOET vanmiddag by winkel stop om nuwe onderklere te koop vir my opgaarder.. die gemaklikes is nou almal vloer lappe. EK is mal daaroor om skoon te maak… uit te gooi… daar is altyd iemand anders wat goed kan gebruik wat jy net in jou kas hou vir ingeval. Vanmiddag is dit my kas se beurt..maar daar is klaar minimum goed in.. dit is net vir regpak. Ek verstaan nie hoe gou mens se huis vol hopies word nie.. elke week sorteer ek papiere uit .. net om weer die volgende week ‘n hopie raak te loop.. Dit help ook nie om saam met drie mense te bly wat niks kan weggooi nie.. so as hul wonder maak hulle hopies… Die frustrasie as die drie dan ‘n belangrike stukke papier soek wat in ‘n hopie was, is ‘n normale verskynsel in ons huis… Almal soek verwoed.. net ek weet dat soek nie gaan help nie. Dit is lankal in repies gesny .. wag om herwin te word. Moenie goed in ‘n laai gooi nie.. moenie papiere net los nie.. sorteer dit dadelik uit.. so gaan niks drom toe wat gehou moet word nie.. en geen hopies wat my tart word gevorm nie. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |