Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Oorlog teen papier..

6/18/2019

 
Picture
Ek verklaar oorlog teen hopies papiere en leërs vol inligting wat al geel word van ouderdom.    Die lem van die shredder het sy werk gedoen – 3 groot sakke vol papier reg vir herwinning.. voel soos ‘n oorwinning.  Ek weet.. ek weet… dit is net die slagveld oorwinning.. die oorlog is nimmereindend.  Volgende week gaan die hopies weer daar wees.

Die gedagte tref my terwyl ek in die studeerkamer op vloer sit…wanneer het ek groot geword.. verantwoordelik geword… papiere en papiere van jare se goed.. net nog ‘n bewys dat ek ouer is…nie ‘n ouer wat dit vir my sal doen nie. 

Ek kyk om my .. my nuwe meubels is nou oud… jare vlieg verby…   dit is nogal oorweldigend.. 
Die woorde van bemagtig jou kinders kom by my op.. ek kan nie onthou hoe is ek geleer om op my eie te staan nie.. ek wonder tog of dit nie maar net gebeur het nie.. toe my ouers opgehou het om dinge te doen het ek maar net natuurlik begin om dinge te doen.  Daar was nie ‘n spesifieke dag en datum nie..   

My analitiese brein werk  oortyd.. hoe kan ek ons proses in ons huis verander dat die hopies nie vrom nie.   Ek het al soveel keer probeer en elke keer die oorlog verloor… as ek my oë oopmaak is die hoop groot en ‘n berg om oor te klim.

Daar is hoop, dalk nie vandag of die volgende 20 jaar nie .. maar ek klou aan hoop.

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog