Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Onthaal

12/13/2017

 
Picture
Ervarings maak my ek!  Ek haat winkels!  Veral Kerstyd is daar net te veel mense… te min spasie…  niemand in die winkel is gelukkig nie… ons stamp en stoot aan mekaar met dikbekke en ongeduldige bewegings.  So vrydag het ek die ervaring gedeel met my medemens toe ek gaan inkopies doen het vir die braai by die van Niekerks.  Ek moet ook op en af ry… want iemand het die hel se deur oop vergeet .. so die kwik draai by rooi warm hier in die Kaap.

Almal is verskriklik besig.  As mens met mense praat is hul dagboeke oorvol met goed wat niemand eintlik wil doen nie.   So maak ek toe ook in my vriende se dagboeke ‘n datum vas om laaste keer net asem te haal en te kuier.  Finale reëlings word getref en ons van Niekerks staan gereed om te onthaal.  Die engelse woord ‘entertain’ laat my giggel…  as jy by my kuier entertain ek jou nie… ek doen my bes om jou gemaklik in my huis te laat voel .  Of jy dit geniet .. wel dit hang net van jouself af . 

Ons aand is ‘n mengelmoes van mense.    Persoonlikhede oor die hele spektrum.  Idees en passies verskil hemelsbreed.   Daar is ‘n verdeel die aand tussen die mans en vroue… die vrouens sit netjies in ‘n ry af teen een muur en die manne aan die anderkant.  Hoe nou gemaak?  Omdat daar baie mense is groepeer mense hulleself.   Soos die aand oggend word gebruik ons musiek om die mense weer een te maak.  Gunsteling liedjies word geluister.  Van groepies tot groot groep gesels ons lekker.. almal deel in die onthou jy nog onthou van lank terug se lekker vry/kuier/dans liedjies.  Elke liedjie bring ander herinneringe op vir elkeen van ons. 

​Dankbaar dat ons mense het wat wil kom kuier en saam met ons herinneringe bou.  


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog