As ek aan die woord dink is daar trane in my oë. Watter voorreg het ek nie. Is geseënd met twee ongelooflike mensies wat my hulle mamma noem. Ek het al so baie blogs geskryf oor die oorloë gevestig in frustrasies in ons huis …daar is meer oorlog as vrede.
Vandag skryf ek oor die tye wat ek daar kan wees vir hulle. Al is dit die hele naweek rondry om hulle by hulle wedstryde te kry. Saterdag van vroeg tot laat langs die tennisbaan. Moedersdag langs die hokkie veld. Die trots om jou kind se sportmangees te sien, te ervaar. Selfvertoue wat uit hulle wesens na vore kom. Om ander te hoor sê hoe oulike kind dit is. Baie trots! Ek sien so gou die sleg en die verkeerd raak en kan so lank daarop fokus. Vandag staan ek in dankbaarheid dat ek kinders het wat nog kinders is. Wat wil prestreer sonder dat ek hoef te druk. Wat my raad vra en na my luister. Soms eers na ‘n kopstamp of twee. Dankbaar dat ek daar kan wees as dinge nie uitwerk soos wat hulle droom nie. Dat hulle my toelaat om daar te wees as die vreugdes hoogty loop of hartseer soos ‘n rivier oorstroom. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |