Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Nog 365 dae bygetel vanaf 1971

11/21/2016

 
Picture
So kom nog ‘n verjaarsdag, ek wonder as ek 90 gaan word is ek nou halfpad.. as ek 80 gaan word is ek oor halfpadmerk en o wee.. as ek minder as 80 gaan word dan is dit afdraende.

Party mense slaan dekking as hulle middeljare tref. Ek is nou middeljare, gaan ek nog meer moeilik word.  Dit sal nogal sleg wees want daai metertjie hardloop al klaar in die rooi.  Dik, bedonderd en oud… Dit sal my dryf om te verander!  Dalk is dit tyd om maer, bedonderd en oud te wees.. of dalk dik en blymoedig?  Is oud …oud? Is dit nie net ‘n getal nie?

Getal wel… twintig is ek nie meer nie. Dit het die lyf vir my gou gesê.   Met die droogte het ons huishouding die ADDIS emmer brigade geword.  Alle water word opgevang in houers en met emmers tuin toe gedra.  Die ou lyf het aan die begin gesukkel.  Rug seer,  arm seer.. alles seer...

Voor die emmer dra was die groot waarheid van die ou lyf die baie sit!  Die enigste oefening wat ek kry is om van die parkade waar my kar vir my wag tot by my lessenaar te stap.. .dit is 7 stelle trappe tot by my lessenaar!  As ek by my tafel kom is die asem kort.

Dalk is dit my nuwe gier.. nee.. kan nie nuut wees nie want ek het dit al baie keer gehad.  Maar ek gaan my lyf weer oefen om jonk te wees, my brein weer oefen om te glimlag al kook die bloed.  Geen wonder middels nie.. net minder eet, meer stap en dink voordat ek reageer. Reageer uit liefde!  

My leuse: Ouderdom bring wysheid, wysheid bring geduld.  Met my nuutste gier weet ek ook dat as ek misluk is dit ook OK!.., Want LIEFDE bedek alles! Ek het die voorreg om omring te wees deur baie liefde, 

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog