Baie opgewonde is ons al kwart oor vier by die stadium. Die lekker sitplekke gevat. Gerhard met sy seer knieg moet afgly by ‘n wal om ‘n oop spasie te beset .. ons maak onsself sit so in die helfde van die wal. Ek skop my hakke in die grond dat ek nie afsak nie. Gerhard het nie hakke nie, hy kan ook net met een been rem. Eerste jaar les.. volgende jaar gaan ons die ouers wees wat voorbereid is.
Ons het nie gereël met vriende om saam te sit nie… so ons land toe tussen die ander skole se ouers. Het lekker gegrap en gesels. Ons bevoorreg om sulke goeie skole te hê, op die voorstoep van ons huis. Ses uur kom die rasieleiers op die veld. Elke skool kry ‘n beurt om hulle ‘flashes’ te doen. Elke skool se energie en passie is aanvoelbaar. Hier stem jy met jou hart! Elke ouer glo vas sy skool se ‘flashes’ is die beste. So ook die ma en pa. Ons harte swel van trots. Ons is deel van dit. My kind is op die paviljoen. Die beoordelaars is besig om te koukus en saam met vandag se atletiek en gees gaan wenners aangekondig word. Ek glo vas elke kind op die paviljoen is klaar ‘n wenner. Die feit dat hy of sy onselfsugtig sy tyd gegee het. Opgedaag het .. en als met oorgawe aangepak het maak elkeen ‘n wenner. Ek gaan nou nou ry om vir my kind te kyk by atletiek. Die ouer bors is vol van trots. Haar sweetpak is ver te groot, die kleinste wat die klerebank het. Van ‘n geld spaar oogpunt gaan dit haar hou tot sy eendag oud is… sy is op haar senuwees wil prestreer.. hoe laat ek haar verstaan dat die feit dat sy wou deelneem, dat sy toe in die atletiek span is, is al klaar ‘n ongelooflike prestasie. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |