Daar is sekere mylpale op die jaar se kalender wat mens se brein inneem en dan voel mens die verandering in mens se lyf. Die naweek se gebeure was die laaste verbintenis vir ons. Ons is in die laaste week van moet doen .. dan begin die vakansie! Dan is dit die wil doen lysie wat uitkom.
Tegnies is ek nie akkuraat nie. Ons het nog ‘n lys van moet doen takies by die huis. Ons huis onderhoud lysie het dringende aandag nodig. Maar dit voel tog of dit my keuse bly – ek het nie bevestig en betaal om dit te doen nie. As ek daarby uitkom is dit ‘n bonus. Hierdie tyd is ook my tyd vir voorraad opname. Ek wil nie die 31ste staan en wonder nie.. ek glo ook nie om vir my ‘n lys van dinge te maak wat ek moet doen die volgende jaar nie.. Ek vat nou se tyd om te besin.. wat het ek afgeskeep wat skade gemaak het. Wat het ek te veel oor bekommer en my tyd gemors omdat ek dit nie kon verander het nie. Wat het ek reg gedoen, moet dit vasmaak in my geheue sodat ek dit nie vergeet nie. Daar is ‘n ton goed wat ek my tyd en asem op gemors het. Bespiegelinge en donderweer in my hart oor onregverdigheid. Die jaar het sy hartseer gebring wat merke gemaak het. Maar die merke het salf ook gekry deur verstaan en vergewe. Ons het lekker gelag en lekker dinge beleef. My kinders het my baie trots gemaak in hulle ywer om te leer en te groei. Daar is ook dinge wat my skaam gemaak het maar ek vat dit as leer kurwes. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |