Ek is die spreekwoordelike yo-yo. Op en af.. heen en weer… Op een dag kan ek tot 4 keer skool toe ry en terug. Dit sluit uit die tennis en perdry en gimnastiek ryery. Die begin van die jaar het met ‘n slag begin en ek is al klaar nie meer lus nie!!!
Hoor nou vir my… ‘klagat’. Ek kla omdat my kinders betrokke is en ek hulle op en af moet ry om by die plekke uit te kom. Ek voel sommer nou ondankbaar! My kinders se voetspore is duidelik.. elke jaar is hulle nalatenskap vasgelê. Drome groot en wil sterk om dit te jaag. Ek moet net seker maak ek demper nie hulle wil omdat ek nie lus het om iets te doen nie. Ek het nou in die middag tyd om op die laerskool paviljoen te sit en wag vir my jongste om klaar te maak met een of ander aktiwiteit. Ek is nie deel van die mamma-groep nie.. hulle kom al jare.. ek is die vreemdeling.. wat eenkant sit en net luister na die gesprekke. Tong byt… die gesprekke is vreemd in my ore… as ek eers hoor.. ja daai vrou .. so en so se mamma.. het julle gesien … skinder skinder… Die loer onderlangs na my rigting laat my glimlag! Ek is seker ook so en so se mamma gewees toe ek nie in hoor afstand was nie. Mag ek rustigheid kry om die tyd saam met die kids te geniet in die middag. Mag ek my ritme kry dat ek my tyd optimaal gebruik. Mag ek die persoonlikheid van êrens af kry om nie krities na die gesprekke te luister nie.. maar die goed in dit raak te sien of die krag kry om die onderwerp te verander. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |