Ek beskou myself as liberaal, vernuwe denke. Behoede my dat ek nie soos die oumense dink nie. Ek probeer hard om oopkop te wees. Ander se opinies te verstaan.
Ek weet ook dat mens nie oor kerk, politiek en jou familie gesels nie. Jou opinie kan dalk die sluise van baklei oopmaak baie vinnig. Vandag moet ek belei ek dink my oopkop het perke en ek gaan my voet uitsteek om my gevoel te bewoord. So stap ek uit die kerk uit en stap verby ons nuwe/ou dominee, dit kan dalk sy man wees. Hy is al lank by die kerk betrokke maar is onlangs eers ingeseën. As julle die koerante dophou sal julle weet dat daar ander kerke ons kerk nou oordeel oor wie en wat ons aanstel. Ons kerk is besig om ‘n wond te probeer herstel maar daar is baie infeksie wat nie gesond wil word nie. Om ‘n wond gesond te maak moet mens salf en pleisters plak. Gee en neem. Ons oumense en van ons jonger klomp is nie gemaklik met die lewenskeuses van ons herder nie. Die Woord word nader getrek. Ek dink leef en laat leef in liefde. Kerk is daar vir almal. Nou my punt.. soos wat ek verby die dominee of sy man stap.. wurg my oopkop om toe te slaan. Sy jeans wat lyk of ek hout gekap het op die broek.. keupe van bo tot onder. Oorbelle en tattoos.. Ek oordeel onmiddelik wat verkeerd is. Twee hardekoppe of sienswyses wat nie bereid is om in te gee nie .. kan nie die seer regmaak nie. Ons almal moet ophou oordeel, maar as mens wil inpas en ‘n verskil maak respekteer die mense om jou en trek maar ‘n heelbroek aan, hemp wat die tats toemaak en haal maar die oorbelle uit. Enige gesprek dan is soveel makliker. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |