Stop… kyk gou in die spieël..hoe lyk jy? Wat sien jy in jou oë? Hang die lippies grond toe… of glimlag jy? Is jou kop geplooi met frons of lag jou oë? Hang jou skouers en lyk dit sommer of die heelal se probleme op hul rus?
Wat maak my gelukkig wonder ek? Dit is beslis nie die ‘quotes’ wat mens van die internet kan aftrek nie.. . Ek sien dit is nogal die tendens met die jongmense vandag.. elke foto op Instagram het een of ander aanhaling van iemand onbekends by. Silhouette fotos .. of waar ons tuur in die heelal in… ek moes die naweek ‘n paar van my dogter neem wat my laat giggel het. Gelukkig hou ek van fotos neem. My hart is gelukkig as ek sien my kinders het omgee vir ander mense. As hulle geniet wat hulle doen. As ek op die bank kan lê en my boek lees, genot wissel van hoe mooi die boek is… Om saam met vriende te kuier. Al verskil ons opinies en die manier waarop ons ons kinders grootmaak. Wat maak dit saak? As ek na ander mense se babas kyk en ek weet myne is nie meer so klein nie. Om in my man se arms te wees. Om te weet ek is ‘n geliefde kind van God. Om eie tyd te hê vir myself om my battery te laai. Om te weet ek heg waarde toe vir iemand of iets. Sjoe dit is ‘n mondvol. Met alles wat gelys is en nie gelys is nie.. hoekom hang mens se lippies dan nog… dalk is dit tyd om seker te maak jy weet die oorsaak sodat jy dit kan stop. Want elke dag moet ‘n viering wees van lewe… van menswees! Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |