Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Lewe en dinge

2/10/2017

 
Picture
Ek wonder soms hoekom daar altyd ‘n verloorder moet wees?  Hoekom sommige mense net altyd alles maklik kry?  Klink nou of ek jaloers is… en as ek eerlik moet wees, ek is!

Ek kyk na die tieners wat deel is van my lewe.  Dan kom die vraag nogal op hoekom is dit dat party kinders dit net moeiliker het as ander?  Een kind is geseën met breins, sport gene asook ‘looks’ en ‘n ander kind sukkel op skool, doen nie goed in sport nie en is nie populêr nie.  Kan die talente nie eweredig versprei word oor almal nie?

Hoe kan mens die kind help om in homself te glo?  Mens se eie waarde word weerspieël deur hoe jy dinge hanteer en hoe jy reageer.  Hoe leer ek ‘n kind om deur die waarheid te sien hoe waardevol hy of sy is.

My mooi kind is vandag uit haar sport span gedrop.  Groot is die teleurstelling .  Haar vraag ... hoekom ek… bly onbeantwoord.   Ek kry die nuus en ek is sommer dadelik moeilik .  Baie braaf oortuig sy my dat sy OK is. 

Die punt van my storie (ek het dit omtrent twintig keer oorgeskryf) is dat in die groter prentjie een of twee teleurstellings mens sterker maak.  Daar is ‘n doel met mense wat oor jou pad kom en dinge vir jou moeilik maak .   Ons moet dankbaar wees dat ons so geseën is met baie talente en gawes. Onthou!  Daar is altyd iemand wat beter is as jy.  Daar is altyd iemand wat swakker is as jy. 
​
As jy die slag wen – dra dit met nederigheid.  As jy verloor vat dit met grasie.

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog