Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Leë bladsy

1/5/2022

 
Picture
Wat is my plan dat 2022 nie net verby spoed nie!  Ek wil leef, werklik leef.  Dankbaarheid en seën beleef.  My grense, oeroud, moet verrot dat ek nuwe ongetemde areas ontdek.   Missie is om nie te verval in net nog ‘n roetine nie.  Te fokus sodat elke minuut tel, al is dit om te lê en droom oor nog ‘n avontuur.  Elke droom moet aksies insluit om dit ‘n werklikheid te maak.

Die begin wanneer alles nog besig is om te ontvou, maak tyd om jou administrasie af te handel.  Planne te vorm oor elke asem, minuut.  Moenie jouself kastei oor mislukkings nie, probeer net weer.  Ek het laasjaar oor die orosmannetjie geskryf, dink ek wou hom afskud, maar hy klou maar nogsteeds aan my.   Ek hoor konstant by maer mense hulle wil tog nie vet wees nie. Pla dit my, ja, wys ek dit, nee.  Gaan ek die jaar weer probeer, seker.  Het ek al begin probeer, ja, het ek misluk, ja, gaan ek weer probeer, seker.

Die belangriskste fokus is om seker te maak jy gun ander mense hulle lekker, hulle sukses.  Hou op verskonings maak omdat jy nie so mooi, maer, selfde geleenthede gekry het nie of nie so slim is nie.  Elke ou het ‘n seer, ‘n skaam, ‘n martelstok om te gebruik as verskoning.  Onthou sukses is wat jy vir jouself gestel het.  Nie wat ander vir jou wil stel nie.  Ek gaan nou nie my missie maak om die ryskste vrou in Suid-Afrika te word nie, maar ek gaan wel begin spaar en geleenthede soek wat sal toelaat dat ek kan dinge doen wat ek van hou.
​
Hou jou beker vol sodat jy maklik vir ander kan skep uit jou beker.  Hou jou hart oop sodat jy die lekker van liefde beleef.  Hou jou tyd dop dat jy nie mors met die kosbare skat nie.
Louise
1/5/2022 05:11:48 am

Pragtig, Hannalie en dankie vir jou brutale eerlikheid. Ek sukkel ook met daai Oros-mannetjie. Hy wil net nie die pad vat nie. Ek gaan vir hom 'n 'Dear Johnie' briefie skryf en sê ek het nou iemand anders in my lewe: sy naam is Tab....😉☺

Maar dis waar wat jy sê....tyd is kosbaar en kan nooit weer verhaal word nie. Ons moet ons drome en ideale uitleef.....en al is dit soms bitter moeilik, is dit beter om te probeer en te misluk as om nooit te probeer het nie. Geseënde Nuwe Jaar, Hannalie en mag hierdie jaar skitter van sukses, wonderskone oomblikke en gelukkige samesyn.


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog