Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Langs die sportvelde

12/2/2016

 
Picture
Dit is spansport by die skool.  Ons leuse by ons huis is: Ons neem aan alles deel want dit is ‘n punt vir Eksteen.  Hoe bevoorreg is ek nie.  Ek het twee kinders wat graag wil deelneem.  Hulle is nie altyd op die podium nie.. maar hulle staan sterk agter ons leuse van kry ‘n punt vir jou span!

Ek word sommer rooi onder die kraag.  Van hulle maats bank skool vandag want hulle wil nie deelneem nie.  Hulle ouers laat hulle toe.  Ek verstaan dat almal nie kan hardloop of sport doen nie.. My kinders se arms is te dun vir gewigstoot... Charl te kort vir hoogspring… maar dit keer hulle nie om tog te gaan staan in die ry.  As hulle gewig gooi koes hulle vir die voete dat die gewig nie op hul tone land nie.  Dit gaan oor die probeer, die uithou, die deelname!

Ek kon vanoggend gou die ‘Big Brag’ gaan kyk.  Ek het sommer trane in my oë toe ek my kind sien.. Rasieleier.  Eweskielik groot meisie, mooi meisie. Skoollied word gesing uit volle bors.  Een van die hoofleiers vra ons God se hand oor vandag.  Trotse ouer, mooi skool, ons skool!
​
Ek moet gaan werk, los my kinders in die veilige hande van die skool. ‘n Paar mammas hou oog dat hulle onthou om weer te smeer en baie water te drink.  Kan nie wag vir vanaand om te hoor hoe hulle vandag beleef het nie.

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog