Mens kom in kontak met soveel mense en net soms hoor mens ‘n naam wat mens laat glimlag. ‘n Klank of geluid kan mens laat terug dink aan iets onverwant. Ek word voorgestel aan Nardus die naweek. Dadelik glimlag ek.. in die vroeë negentigs op universiteit het ons, onsself ‘nardus’ eintlik ‘nnnnjardus’… gedrink. Die man wat ek voor my sien en die konnektasie is heeltemal verkeerd.. ek dink nie hy het homself al ooit nardus gedrink nie.
Reuke en geure kan ook die onthou wakker maak in jou siel. Daar is reuke wat mens laat onthou waar jy op presies daai oomblik was en hoe jy gevoel het. Die reuk van hospitale laat my altyd terugdink toe ek 6 jaar oud was en die laaste keer my oupa gaan groet het voordat hy hemel toe is. Daai intense hartseer wat my 6 jarige lyfie gevoel het onthou ek nou nog. Die reuk van ‘n hysbak ontwaak die groot vrees dat die hysbak gaan val in my elke keer.. Dit het meer as 20 jaar terug gebeur.. die hysbak wat val – 10 vloere.. niemand het seer gekry nie.. dalk my mede hysbakryers se ore …nou stap ek maar die trappe! As dit regtig nie anders kan nie .. hou ek asem-op tot waar ons moet wees. Ek beur voorentoe sodra die hysbak tot stilstand kom, ek kan nie wag vir die deure om oop te gaan nie.. Onthou om nie op te hou lewe nie.. sodat mens nog meer herinnerginge van lekker dinge kan stoor vir eendag se oudag. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |