Trots staan ons agter ons kinders. Met elke probeerslag suksesvol of nie.. is ons daar. Ondersteun, bemoedig en gee raad. Ja, mens is teleurgesteld as mens net te kort is vir erkenning.. van ‘n medalje of ‘n sertifikaat of selfs ‘n beker. Almal wat wag om te hoor hoe dit gegaan het verstaan nie die groot prestasie om net deel te neem nie.. ons wêreld is mos om eerste te wees, om die beste te wees.
So met die afgelope SA’s vir gimnastiek loop ek verby ‘n mamma wat haar kind uittrap omdat sy nie na wense gepresteer het nie. Spottensgewys sê ek vir my kind dat sy bly kan wees dat die vrou nie haar ma is nie.. stil antwoord my kind dat sy ons waardeer… die klein dinge soos as ons haar herhaaldelik onthou dat ons klaar trots op haar is… dat sy klaar gestress is en dat sy bly is dat ons nie meer stress op haar laai nie. Dit maak nie die knop op my maag as sy deelneem minder nie.. maar dit is ‘n knop vir haar onthalwe omdat ek weet hoe graag sy wil presteer… die beste doen… Ek moet lag.. baie mense vra by wie sy die talent kry vir gimnastiek.. beslis nie van die ma of die pa nie.. die ma kan nie eers ‘n behoorlike bommelakiesie doen nie. Dit is haar eie talent, haar eie liefde. Ek het my tyd gehad en my keuses gemaak. Ek is wie ek is.. ek hoef nie deur my kinders belangrik te voel nie. Ek spog met hulle.. ek is verby trots op hulle. Ek is saam met hulle terleurgesteld as hulle iets nie kry nie.. Ek is saam met hulle bly as hulle hulle doelwitte vir hulself stel en dit bereik. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |