Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Kies die pad met die minste weerstand.

11/1/2018

 
Picture
Bome groei skuins saam met die wind. ‘n Boom bly ‘n boom al groei die boom skuins en lyk snaaks.    Die boom hou nie op met groei nie, hou nie op met lewe nie.. het net aangepas om nie teen die wind te baklei nie… want die boom weet dit is ‘n geveg wat hy nie gaan wen nie, as hy regop bly gaan hy nie oorleef nie.

Wat het ek al aangepas om nie weerstand te bied nie.  Bly ek, soos ‘n boom ‘n boom bly, ek?  Wat het ek as Hannelie al verloor… of dalk gewen? Hoe skeef lyk ek al vir ander mense?

Einde van die jaar kriewel, wriemel in en om my.  Ek probeer 2018 opsom vir myself… ek klassifiseer 2018 as ‘n minder goeie jaar .. maar tog ook nie sleg nie.  My werk dalk die laagste punt wat ek in ‘n lang tyd beleef het.  Onregverdigheid en mense se maniere om die leer van sukses te klim het my gevang.. dalk omdat ek nie meer wil jaag na wind nie.. maar dan word mens maar net die trap vir iemand anders.  Hoekom wil mense altyd ander mense onderdruk om goed te lyk?

Die ouer politiek in alles waarin jou kind deelneem het my ook soms ingetrek.. ja… soms kop eerste. Vandag is dit nie meer oor talent nie maar oor invloed. 

Mag ek aanvaar waar ek nou is of as dit nie kan nie gee my krag om te verander.  Maak my siel stil om eers seker te maak wat ek wil hê voordat ek dit jaag.   Gee my krag om oor onregverdigheid te kyk en nie myself te verloën nie, my ervaring en kennis vrylik te deel al misbruik of gebruik ander dit.


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog