Die diep behoefde brand in my om seker te maak dat eendag as my kids terug dink en iemand vra hulle wat was vir hulle lekker kersfees tyd, dat hulle ‘n storie kan vertel. Die storie moet gevul wees met tradisies. Die ‘Van clan’ se tradisie.
Kop vol planne en idees maar elke jaar voel dit leeg en oppervlakkig. Die Avent kalender word getrou gepak voor die tyd en Desember 1 begin die roetine van neem net een lekkertjie. Dit is ook die dag vir boom versier. My obsessie oor orde het net die eerste paar jaar gehou – nou lyk ons kersboom soos ‘n kersboom. Iets bly verkeerd, my behoefde vir tradisie gryp ek na goed wat eintlik maar almal se storie is. Verlede jaar kom Shiloh oor my pad. Die behoefde by hulle is om ‘n verskil in die gemeenskap te maak op Kersdag. Groot beplanning begin en elkeen offer om iets te maak. Die spyskaart is hoender stukke, brood, aartappelslaai en wortelslaai. Ou Kersdag rasper ek met hand wortels... bakke vol. Vroeg opstaan Kersdag, ry Klipheuwel toe... plakkerskamp,..pak tafels uit, dek tafel met borde en eetgery, braai hoender en skep kos vir die gemeenskap. God se teenwoordigheid is tasbaar. Saam werk, saam lag, hartverskeurend om die mense te sien. Groot lag vir ons oor ons spyskaart, ons mense ken nie aartappelslaai en wortelslaai nie, maar die hoender en die brood is ‘n wenner. My hart bars van vreugde. Vir die eerste keer op 44 jaar voel ek in my menswees die doel van Kersfees. Om te gee… sonder om terug te verwag. Te kry wat woorde nie kan beskryf nie.. wat geld nooit sal kan koop nie. Ons het nog ons tradisies van ou Kersaand se groot ete dat die pote van die tafel kraak. Gesinsdag gaan kuier by wynplaas van vroeg middag tot laat. Maar die gemeenskapsete op Kersdag gaan ons storie word. My kern van Kersfees is nou om ‘n storie van God se LIEFDE te kan deel, my GROOTSTE geskenk nog. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |