Elke persoon onthou gebeure soos wat hy dit wil onthou. Jare terug se onthou oor dinge wat soos sere op jou lyf groei en wat mens koester en vertroetel in jou gedagtes bestaan nie in die ander persoon se onthou leërs nie.. of die prentjie wat onthou word is baie anders as jou skets geerts in jou geheue.
Dit weergalm in my siel… onthou jy dan nie? Jare later kyk jy neer op ander wat dieselfde foute maak! Jy oordeel maklik ander maar jou lewe was vol gate en krom draaie? So motiveer ons mekaar deesdae om die bagasie van onthou af te lewer, te vergewe al word daar nie vergifnis gevra nie en daarvan te vergeet. Verander sal mens die nie kan nie. Vergewe is ‘n groot woord maar met baie gebed sal mens daaruit kom. Die een ding wat die geleerdes verseker reg het, as mens dit koester maak dit net jou siek en seer. So hou op om oudae se dinge vandag se pyn te maak. Leer uit ander se doene dat jy nie ‘n persoon se sere word nie. Bly by nou, leef vir nou, het lief vir nou! En sê jammer as jy iemand seer maak… al het jy dit nie bedoel nie. Wees versigtig vir jou monsters wat jou opvreet van binne wat jou verhoudings met ander verdonker. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |