Trane vir vryheid. Hoekom maak ons mekaar so seer. Hoe sê jy vir iemand waarvoor jy diep omgee dat die status van die verhouding moet verander. Dit kan so vinnig klink na ‘n liewe Jannie gesprek. Hoe maak jy dat die volgende keer wat jul mekaar sien nie ongemaklik is nie?
Ek glo as mens jonk is moet jy jou lewe geniet. Vry in die bondel.. woed jou jongmens drange en luste uit en geniet die oomblik. Nee, mevrou, ek sê nie slaap rond nie .. ek sê ontmoet verskillende mense… leer om met mense te kan kuier en te gesels. Leer wat vir jou as mens belangrik is. Ervaar en beleef elke oomblik. Moenie sê jy is spyt of jy moes dit gedoen het nie. Soms ontmoet mens jou spesiale persoon the vroeg in mens se lewe. Jou menswees is nog nie reg nie. Ek glo dat tyd so ‘n persoon sal laat terugkom as dit bedoel is. As jong mens gaan jy foute maak, verkeerde besluite neem. Mense om jou gaan verander. Moenie dat iemand anders se onsekerheid jou lewe stop nie. Beweeg aan, maak jou hart oop vir ander en vat kanse. Onthou as jy met iemand se hart in jou hande staan, hanteer die persoon met respek en agting. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |