Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Just do it

9/25/2020

 
Picture
Gemasker is ons almal as ons in ‘n publieke plek is.     Elke huis het sy manier van masker dra.  Ons huis het ek vir elkeen genoeg gekoop vir die week sodat mens altyd ‘n skoon masker het.  Naweek is dit dan masker was dag.  Alle maskers word opgespoor en in was gegooi.

So spring Gerhard in sy bakkie en ry Mkem toe.  Met die stop en die soek na masker kom die realiteit op dat geen masker te vinde is in bakkie nie.  Keuses, terugry of improviseer.  So is daar geen skaam in sy lyf nie.. hy vind ‘n kort Nike oefen broekie van sy dogter in sy kar.. Die word oor kop getrek dat die twee gate vir bene soos haasore staan.. mooi word die broek gedraai dat sy oe uitsteek uit een gat die ander staan regop agter sy kop. 

Hy is in die winkel, broek op die kop.  Het darem dadelik vir hom ‘n masker gekoop om broek te vervang.  By huis vertel hy sy storie.. al wat ons kinders kan uitkry , wie het pappa gesien?  Die skaam kruip sommer soos rooi vlamme oor hul wange..

​Ek sal terugry.. daar is nie ‘n manier dat ek ‘n broek oor my kop trek nie.. Ek kry so gou skaam… te bang mense dink sleg van my.  So beperk ek myself.   Ek wens ek kan my siel vlerke gee of broekspype, sodat ek nie omgee wie my sien en vir my lag nie…   

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog