Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Jou aksies en jou woorde

10/26/2017

 
Picture
Ek ry gister agter ‘n man… groot plakkers op kar.. ‘Baby on board’.  So hy verwag nou van my om versigtig te ry,  ek kan dit verstaan want ek is mos ook ‘n mamma… Die geduld het ook net gehou totdat hy sy venster oopmaak en sy sigaret stompie by die venster uitgooi.

Ek was sommer lus en ry sy gat weg... hoe durf hy ‘n plakker op sy kar hê baie besorg oor sy baba maar hy gee nie om dat die kar stink van rook nie.  Dat die baba in rookwolke sit nie.  Ek waai, flikker ligte en skel hom uit .. maar ou rookpens is dikvellig, hy maak of hy my nie sien nie.  Ek druk my bloeddruk tot in die rooi.   Gelukkig vir hom is dit bumper tot bumper verkeer.. anders het ek wraggies hom van die pad gery.

Hoe kan jy goed voel oor jouself, jy stink, jou kar stink, jy sit jou baba in gevaar en dan gee jy nie om oor jou land nie.. elke stompie is ‘n potensieële veldbrand.  Dan praat ek nie oor die morsjors wat jy is nie.  Die antwoord is eenvouding.. hy gee nie om nie.  As mens nie die hart van mense aanspreek nie help dit nie om te vra nie.

 Hy is een van baie… ek hoor dit gereeld.. almal doen dit, watse verskil kan ek maak?  My ouma het altyd gesê.. moenie die mens haat nie .. haat sy dade… onthou mense verander net as jy hulle harte aanspreek.. en die verkeerdste ding wat mens kan doen is om te skel en te skree… Jy sit net die persoon op die agtervoet. 
​
Ek wonder nou of mens die wysheid kan deurtrek na die seer in ons land.. mense word vermoor .. ‘n lewe is niks werd nie.. hoe kan ons die moordenaars se harte aanspreek?

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog