Ek is amper 50 en die monster besoek my nog steeds. As die monster sy kop uitsteek word my gedagtes sommer dof en oorheers deur emosie wat eenvoudig net nie sin maak nie. My ore suis… my hartklop versnel.. wat nie sleg is nie want dan verbrand mens sommer vet. Die groot moeilikheid kom as mens jou emosie probeer verwoord sonder om te erken dat mens jaloers is. Ek vat nie die monster by die horings nie.. my woorde is grieks vir die mense om my want dit pas nie by my reaksie nie. Waarskuwing, enige reaskie op my aksie gaan net nog ‘n reaksie veroorsaak. Maar o wee.. moenie waag om stil te bly nie.. want dan is dit soos olie op vuur. Die geleerders vertel jou dat jy jouself moet aanvaar. Meneer… ek is lief vir myself en ek is redelike ok met my wêreld. Die saadtjie van jaloers ontkiem soms sonder rede. Sonder waarskuwing. Glo my dit is in elkeen van ons.. daar is altyd iemand beter, mooier, jonger, slimmer. Ek luister vir ‘n vrou wat my wil wys maak dat sy altyd na die beste vir almal kyk en nie iets doen om haar gesin te bevoordeel nie. Wat ‘n pot snot! Ons almal se selfsug vir onsself en ons naby mense is hoog… ons dade en denke is maar om ons self te vergeld. Bewustelik of onbewustelik. Spreek positiewe goed uit op jouself en jou harstmense. As jy glo jy is goed dan is die helfte van die stryd al gewonne. Mense om jou sal probeer om jou af te praat of om jouself in jouself te laat twyfel. Sleg en goed gaan met jou gebeur, solank jy net jou beste gee! Onthou mens mag ander se prestasies bewonder en wonder hoekom dit nie maar jy kon gewees het nie. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |