Elke dag se dinge en hoe ek reageer op reaksies en houdings maak my leef of net bestaan. So baie oordeel ek mense oor waaroor hulle praat .. maar is ek nie die vervelige ou in die geselskap nie.. dat die arme drommel dan oor sy kinders en die weer begin praat net om die gesprek aan die gang te hou. Ek kyk met hoogmoed partykeer na gesels onderwerpe en het 'n mondvol te sê.. maar is dit regtig die ander ou.. of is my verwysingsraamwerk ook maar saai en vervelig. Die ou gesegde is so waar waarvan die hart vol is loop die mond van oor. So as my hart swart is, is my woorde hard.
Stories en persepsies verander vriendskappe. My gevoel kan my emosies vertroebel en dit veroorsaak weer reaksies wat ongevraag is. Bose kringloop. Staan terug, gee spasie en tyd. As dit beter word is dit die moeite werd .. as dit sleg bly... stap weg. Ek weet dat ek as bestaans-rot tyd nodig het om weer asem te skep. Ek, Afrika kind, het die son en die seë nodig om my weer energie te gee. In my dag tot dag se stry om te oorleef vergeet ek om te leef! My horlosie/foon is my rigting-aanwyser. My kompas wat vir my vertel wat ek nou moet doen, dink en wees. Ek jaag rond en mis so baie klein dingetjies. Ek is soms so gesteld oor wat ander mense dink en voel dat ek vergeet dat daar altyd 'n ander prentjie ook is, 'n ander perspektief. Ek dink ek is altyd reg en my manier die beste.. gee my krag dat ek vir 'n oomblik stil staan en te beleef en weer noord op my kompas kry. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |